A Project of the Western Cape Education Department    
NEWS

Piketberg Opening

Piketberg Die opening van die Khanya rekenaarkamer by Piketberg Ho'rskool het met groot swier plaasgeving op Maandagaand, 17 Maart 2003. Die gehoor is in die personeelkamer toegespreek deur die skoohoof, Mnr Marius Scholz en die burgermeester, asook twee lede van die Khanya Projek: Mnr Kobus van Wyk, programbestuurder van die projek en die projekbestuurder wat verantwoordelik was vir die oprig van die laboratorium, Mnr Norman Booysen.
Daarna het die gaste na die rekenaarlokaal beweeg, waar Mnr Johan Joubert, die kringbestuurder, 'n heildronk ingestel het.



Piketberg In die lokaal was Graad 10 tot 12 leerders hard aan die werk en die gaste kon sien hoe die MasterMaths program gebruik word om wiskunde vaardighede te verskerp. Die 25 rekenaars wat deur middel van 'n netwerk aan 'n bedienaar gekoppel is sal ook gebruik word om syfervaardigheid en lettervaardigheid onder junior leerders te bevorder.



Piketberg



 
Log in as Khanya Staff Member Copyright © Khanya Project 2011