A Project of the Western Cape Education Department    
NEWS

Leerlinge, ouers van Wellington 'verlig' - Kleinburger

So 'n halfuur se ry uit Kaapstad met die N1 langs lê die skilderagtige dorpie Wellington. Dit is hier waar die maats van die Laerskool Wellington nie oor hul nuwe rekenaarlaboratorium uitgepraat kan raak nie.

Die Khanya-rekenaarprojek het aan onderrig nuwe betekenis gegee vir die leerders van dié skool. Wat is die Khanya-projek? Die woord "khanya" kom van die woord "ukukhanya" wat beteken om te "verlig". Dié projek gebruik bekostigbare en geskikte tegnologie, byvoorbeeld rekenaars en TV, om opvoeding aan kinders te lewer en so agterstande te oorbrug.

Vandag spog hierdie skool met 'n gevestigde rekenaarlaboratorium van drie klaskamers waar die maats die geleentheid kry om navorsing te doen, met leerders in die buiteland te kommunikeer en die tegnologie inspan om met hul projekte te help . Volgens die hoof, mnr. Engledoe " . . . moet alle leerders, opvoeders en ouers aan die einde van 2005 re kenaargeletterd wees".

Hoe gebruik die opvoeders die program binne klasverband? Die programme is op elke graad se vlak en kan maklik gebruik word. By die interaktiewe witbord is leerders self besig om lesse voor te berei en aan hul maats te verduidelik en so ontdek hulle self die vakinhoud. Die klank en beeldmateriaal in hierdie lokaal maak dit moontlik dat byvoorbeeld tornado's se effek gesien en gehoor kan word. Leerders se waarnemingsvermoë, skryf en leesvaardighede word verbeter.

Gemeenskapsprojek, maar nie net die leerders slaan munt uit hierdie projek nie. Elke ouer word ook bemagtig in die era van nuwe tegnologie. "Ek kan nou aansoek doen om 'n beter pos by my werk," is die woorde van een van die ouers wat die opleiding bygewoon het. En hulle gaan nie weg met leë hande nie! Ná afloop van die opleiding ontvang elke ouer 'n sertifikaat.

 
Log in as Khanya Staff Member Copyright © Khanya Project 2011